School sportSport

Ram-netbalspelers haal Jomo- en Gauteng-proewe

Coraldi Beeckman, Bubu Kubeka en Dienkie Vorster is gekies is om hul skool by die Jomo asook Gauteng-proewe later vanjaar te verteenwoordig.

Drie o.12-netbalspelers van Laerskool Randfontein het tot die Jomo- en Gauteng proewe deurgedring.

Coraldi Beeckman, Bubu Kubeka en Dienkie Vorster het onlangs aan die D2-eindstryd vir netbal deelgeneem waar hulle toe gekies is om hul skool by die Jomo asook Gauteng-proewe later vanjaar te verteenwoordig.

“Ram is baie trots op hierdie drie dogters en wens hulle alle sterkte toe,” het Annie Nolan, skoolwoordvoerder gesê.

Related Articles

Back to top button