Goud en silwer vir Riebeeckrand by Top 15

Hoërskool Riebeeckrand het vanjaar twee medaljes tydens die Top 15-atletiekbyeenkoms verower.

Die Top 15-atletiekbyeenkoms lewer strawwe kompetisie op. Groot en sterk skole soos Potch Gimnasium, Wesvalia, Ben Vorster en Linden het onlangs hul beste gekies om met mekaar mee te ding by die Universiteit van Johannesburg (UJ).

“Die beste onder die bestes neem aan dié byeenkoms deel, en dit is dus nie maklik om ‘n plek onder die Top 3 te behaal nie. Vanjaar spog Riebeeckrand wel met ‘n eerste en ‘n tweede plek,” het skoolwoordvoerder Elzeri Wright vertel.

FG Mulder, ‘n o.15-atleet het ‘n gouemedalje in spiesgooi verwerf terwyl Chiane Visagie ‘n silwermedalje in driesprong vir dogters o.17 verdien het.

“Dit is voorwaar ‘n uitstekende prestasie en die Riebeeckrand-familie wens dié twee leerders hartlik geluk. Ons wens hulle alle sterkte toe vir die atletiekbyeenkomste wat nog voorlê.”

Exit mobile version