Local sportSport

Teine Boys hou eerste laatontbyt vir 2020

Lede van die rugbyklub het op Vrydag, 7 Februarie hul eerste laatontbyt vir die jaar bygewoon.

Die Teine Boys het hulle eerste laatontbyt vir 2020 op Vrydag, 7 Februarie gehou.

Volgens Lulu Kleyn, klubbestuurder, word die laatontbyt gewoonlik op die eerste Vrydag van elke maand gehou waartydens die klublede bymekaar kom om nuus uit te ruil en gesellig te verkeer.

“Die geselligheid is ook ‘n algemene fondsinsameling. Die geld wat deur die laatontbyt ingesamel word, word gebruik vir die instandhouding van die velde asook die ligte by die stadion,” het Lulu vertel.

Sy het bygevoeg dat enigiemand welkom is om die klub te ondersteun deur die Teine Boys-laatontbyt een keer per maand by te woon.

Related Articles

Back to top button