Hoërskool Jan Viljoen het die atletiekseisoen met hul jaarlikse interhuis afgeskop.
Talle atlete het hul staal in verskeie items gewys en volgens Tammy Smith, skoolwoordvoerder, was dit ‘n baie opwindende dag.
“Ons is baie bly om die atletiekseisoen op so ‘n hoë noot te kon begin. Daar was ook tonne gees,” het Tammy gesê.
Die uitslae van die interhuis is soos volg:
• Junior victor ludorum – Divan Allers
• Junior victrix ludorum – Anuscha Combrinck
• Senior victor ludorum – Junior Kwinda
• Senior victrix ludorum – Zurica van Heerden
You can read the full story on our App. Download it here.