School sportSport

Talent en tonne gees by Jannas-interhuis

Hoërskool Jan Viljoen het op 17 Januarie hul jaarlikse interhuis gehou.

Hoërskool Jan Viljoen het die atletiekseisoen met hul jaarlikse interhuis afgeskop.

Talle atlete het hul staal in verskeie items gewys en volgens Tammy Smith, skoolwoordvoerder, was dit ‘n baie opwindende dag.

Divan Allers wen die 100m-wedloop.
Foto: Anita Nel.

“Ons is baie bly om die atletiekseisoen op so ‘n hoë noot te kon begin. Daar was ook tonne gees,” het Tammy gesê.

Die Pirates en Minions tydens die byeenkoms.
Foto: Anita Nel.

Die uitslae van die interhuis is soos volg:

• Junior victor ludorum – Divan Allers

• Junior victrix ludorum – Anuscha Combrinck

• Senior victor ludorum – Junior Kwinda

• Senior victrix ludorum – Zurica van Heerden

Related Articles

Back to top button