Talle ma’s en pa’s van Laerskool Rapportryer het hul kleuters onlangs by Rappies Pre-primêr se atletiekdag ondersteun.
Soos altyd was die kleuters opgewonde om deel te neem en is kort-kort deur hul ouers en grootouers vanuit die pawiljoen aangemoedig.
Die skool wens al die leerdertjies geluk, want elkeen is ‘n wenner.
Foto: Michelle Roodt.