Benut die voorseisoen by Teine

Spelers is uitgenooi om deel te wees van Randfontein Rugbyklub se voorseisoen wat op 19 November afgeskop het en tot 12 Desember sal duur.

Randfontein Rugbyklub nooi almal uit om die voorseisoen wat reeds aan die gang is saam met hulle te kom geniet. Hulle sal tot 12 Desember bedrywig wees en sal na die feesseisoen weer in Januarie afskop.

Die voorseisoenoefeninge vind plaas op Dinsdae- en Donderdae-aande vanaf 6nm op die A veld by die Greenhills Stadion.

Vir meer inligting oor die voorseisoen, skakel gerus vir Lulu Kleyn (klubbestuurder) by 071 678 0745 of Johan Cronjé (klubvoorsitter) by 061 323 8367.

Exit mobile version