Local sportSport
Rugbyklub hou gholfdag as fondsinsameling
Verteenwoordigers van talle besighede het gholf gespeel ter ondersteuning van Randfontein Rugbyklub se gholfdag in Krugersdorp.
Randfontein Rugbyklub het op Vrydag, 29 November hul jaarlikse gholfdag by die Krugersdorp Gholfbaan gehou.
Volgens Johan Cronjé, voorsitter van die klub, het dit as ‘n fondsinsameling gedien en is goed ondersteun.
Lulu Kleyn, die Randfontein Rugbyklubbestuurder het gesê daar was ‘n totaal van 68 spelers. Die klub bedank elke besigheid en organisasie vir hul bydrae en ondersteuning.
Die uitslae was soos volg:
• Charles Benecke: Langste dag-wenner
• Brandon Keevy: Langste dryfhou-wenner
• Quinton Steyn, Donavan Jonker, Theo Calitz en Dean de Klerk: Naaste aan die pen-wenners
• Theo Lutt en Andrè Herbst van Ben Morgenrood: Wenners met ‘n telling van 50