Kom speel gholf saam met die Teine

Randfontein Rugbyklub nooi almal uit na hul gholfdag op 29 November.

Randfontein Rugbyklub nooi die gemeenskap uit na hul gholfdag wat op Vrydag, 29 November by Krugersdorp Gholfklub gaan plaasvind.

Die afslaan is omstreeks 11.30vm.

Verwelkomingsverversings sal voorsien word en na die dag op die gholfbaan kan alle gaste die aand lekker saam met die Teine Boys kuier.

Vir meer inligting oor die gholfdag, stuur ‘n epos die Randfontein Rugbyklub by randfonteinrc@telkomsa.net of skakel vir Johan Cronje by 061 323 8367.

Exit mobile version