Rappies haal D2-krieketspan

Vyf seuns van Laerskool Rapportryer haal Gauteng-Wes se D2-krieketspan.

‘n Groep seuns van Laerskool Rapportryer het onlangs aan die Rand-Wes-krieketproewe deelgeneem en vyf van hulle het Gauteng-Wes se D2-span gehaal.

JD Landsberg, Pieter Steenekamp, Antonie van Niekerk, Juanrey Zaayman en Tiaan Hendriks is in die span opgeneem.

Volgens Roleen Olivier, skoolwoordvoerder, is JD en Antonie boonop vir die Streekspan gekies.

“Baie geluk aan die seuns. Dit is voorwaar ‘n groot prestasie. Laerskool Rapportyer is trots op elkeen van julle.”

Exit mobile version