Riebeeckrand vereer hul sportleerders

Hoërskool Riebeeckrand is trots daarop dat hulle 99 trofeë tydens hul sportprysuitdeling kon oorhandig.

Hoërskool Riebeeckrand het onlangs hul jaarlikse sportprysuitdeling gehou.

Tydens dié glansaand ontvang al die sportleerders erkenning vir hulle prestasies en deelname.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, is dit altyd lekker om vir hul leerders erkenning te gee vir hul harde werk, en dat hulle huis toe kan gaan met die wete dat Riebeeckrand baie trots op hulle is!

“Daar is 99 trofeë tydens die geleentheid oorhandig. Liesl Pio het die trofee ontvang vir die veelsydigste junior dogter, en Siphesihle Shabalala vir die veelsydigste junior seun. Die veelsydigste senior dogter is Chiané Visagie en die veelsydigste senior seun is Theart Visagie.

“Riebeeckrand het ‘n besondere goeie sportjaar agter die rug, en ons sien daarna uit om volgende jaar weer al 16 ons sportsoorte voluit aan te pak en ons prestasies van 2019 te verbeter,” het Elzeri gesê.

Hoërskool Riebeeckrand is trots op elke leerder wat deur die jaar aan sportitems deelgeneem het, toekennings ontvang het en deurentyd hul beste gegee het.

Exit mobile version