Jannas presteer by Top 20-atletiekskouspel

Al die Top 20-atlete van Jannas het wonderlik presteer tydens 'n Prestige-byeenkoms in Naboomspruit.

Hoërskool Jan Viljoen se Top 20-atlete – 10 seuns en 10 dogters – het op 4 en 5 Oktober aan een van die Prestige byeenkomste op die atletiekkalender in Naboomspruit deelgeneem en die dorp se naam hoog gehou.

Volgens Hermien van Coller, atletiekorganiseerder, het al die Top 20-atlete van Jannas wonderlik presteer.

Dié atlete is onder andere Louis Smit wat 942 punte in die 110m hekkies en 990 punte in die 200m behaal het. Dwayne du Plessis het 912 punte in die verspring behaal.

Hoërskool Jan Viljoen sien uit na ‘n uitstekende atletiekseisoen in 2020,” het Hermien gesê.

Exit mobile version