Tien Riebeeckranders deel van Wes-Randse Jukskeispan

Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op die 10 leerders en wens hulle alle sterkte toe.

Hoërskool Riebeeckrand spog met nie minder nie as 10 leerders in die Wes-Randse Jukskeispan.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder is Marianca Masser in die o.19A-dogterspan opgeneem, Tiaan Wilken in die o.19A-seunspan, Carli du Toit in die o.19B-dogterspan en Louis Grindlingh in die o.19B-seunspan.

Verder is Q’hanri Nel, Jessica Mans en Q’raine Nel deel van die o.16A-dogterspan en Marcel Olivier is ‘n lid van die o.16A-seunspan.

Rualdt Pieterse en Mardo Pieterse wat die o.16-jukskeispan by die Nasionale Jukskeitoernooi sal verteenwoordig. Foto ingestuur.

“Dié agt leerders gaan die Wes-Rand verteenwoordig by die Bondedag wat op 12 September plaasvind, en weer in Desember tydens die Nasionale Jukskeitoernooi. Rualdt Pieterse en Mardo Pieterse gaan die 0.16-jukskeispan by die Nasionale Jukskeitoernooi verteenwoordig.

Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op die 10 leerders en wens hulle alle sterkte toe met al hul wedstryde.”

Exit mobile version