Rappies wen groot jukskeitrofee!

Laerskool Rapportryer het vir die eerste keer die Direkteursbeker in jukskei gewen. Dié kompetisie bestaan al sedert 1954.

Laerskool Rapportryer het onlangs aan die Jukskei Direkteurstoernooi in Limpopo deelgeneem en puik gevaar.

Roleen Olivier, skoolwoordvoerder het verduidelik dat al die distrikte se ligawenners met mekaar om die Direkteurstrofee (Noord-Vaal) meeding.

Sy het vertel dat die Wes-Rand die trofee gewen het vir die beste distrik, terwyl Rappies se seunspan die toernooi gewen het en hul dogters die brons verower het.

Die seunspan bestaan uit baie jong leerders en hulle het teen spanne gespeel wat almal uit o.13’s bestaan het.

Die eerste plaatjie op die trofee was 1954, en vanjaar is die eerste keer dat Rappies dié trofee wen,” het Roleen met trots gesê.

Die seunspan bestaan uit Schalk Brits (k), Henco de Lange, Wynand du Plessis, Heinrich du Plessis en Gert Brits. Die lede van die dogterspan is Danika Viviers (k), Twane Oosthuizen, Joamarie van der Westhuizen, Leani Benecke en Deandra Viviers.

“Ons is regtig baie trots op die leerders.”

Exit mobile version