School sportSport
Drie Ram-leerders haal provinsiale boogskietspan
Laerskool Randfontein het aan die einde van verlede jaar by Klub Inyathi aangesluit en boogskiet word duidelik baie ernstig opgeneem.
Drie leerders van Laerskool Randfontein gaan einde September aan die SA-boogskietkampioenskappe in Witbank deelneem.
Die drie leerders wat in die Provinsiale Boogskietspan opgeneem is, is Deanay Esterhuizen, Rikus Thiart en Armand Martins.

Laerskool Randfontein is baie trots op hierdie leerders en wens hulle alle sterkte toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



