Westonaria Pluimbalklub vier Lentedag

Pluimbalspelers het van vêr af gekom om die dag te geniet.

Nagenoeg 26 lede van die gemeenskap het op Dinsdag, 3 September bymekaargekom om pluimbal te speel, saam te kuier en die lente te verwelkom.

Dié Pluimballentedag is by die Westonaria Sportklub gehou.

JD en Chantall McCarthy.

Susan Cronjé, voorsitter van die Westonaria Pluimbalklub het die funksie gereël. Daar was spelers nie net van Westonaria nie, maar ook van Randfontein, Pretoria en Fochville.

Die rondtes het elk vyf minute lank geduur waarna die spelers kante geruil en weer vyf minute lank gespeel het.

Tanya du Plessis.

Daar was wonderlike pryse vir die wenners asook heerlike peuselhappies en ander verversings vir almal om te geniet.

Die spelers het boonop te spoggerig gelyk in hul helder kleure en blomversierings.

Estelle Schutte.
Andrea Anderson en Estelle Schutte.
Kevin en Nadine Archer.
Wilna Nel Pienaar.
Wilna Nel Pienaar in aksie.
Susan en Chante Cronje.
Elsie Hall.
Pluimbal-spelers in aksie.
Smullekker peuselhappies.
Stella Allen en Des Eloff.

Exit mobile version