Vier van Ram se krieketspanne aan die wenkant

Vyf spanne van Laerskool Randfontein was aan die wenkant toe hulle en Laerskool Rapportryer onlangs op die krieketveld kragte gemeet het.

Vier spanne van Laerskool Randfontein was aan die wenkant toe hulle en Laerskool Rapportryer onlangs op die krieketveld kragte gemeet het.

Die wedstryde het van 26 tot 30 Augustus plaasgevind.

Volgens Annie Nolan, Ram-skoolwoordvoerder, het Ram se eerstespan met vier paaltjies geseëvier, die o.11-span met 17 lopies, die o.10’s met nege paaltjies en die o.9’s met 113 lopies.

Sy het vertel dat die krieketsterre Waldo Greyling (eerstespan) met 55 lopies en Dianko Harmse (tweedespan) met 83 lopies nie uit nie was.

Dan het Magdaleen Ernst, wat vir die o.9-span speel, die seuns gewys hoe dit gedoen moet word en met ‘n beurt van 59 nie uit nie gespog.”

Volgens Hannes Muller, die eerstekrieketspan se afrigter, het hy drie uitblinkers in sy span.

Waldo Greyling, eerstespankaptein. Foto ingestuur.

Hy het die kaptein, Waldo Greyling (Graad 7) beskryf as die rots van die span terwyl Dian Taljaard reeds eerstespankrieket speel al is hy maar net in Graad 5. Zeandre van Staden is die span se bobaasbouler.

Hansen Pretorius, die Ram-krieketorganiseerder skryf die suksesse toe aan puik afrigting, baie oefenwedstryde en die krieketakademie wat by Ram aangebied word. Hy is uiters trots op die spelers en afrigters.

Exit mobile version