School sportSport

Gauteng-kleure in perdry vir Riebeeckrand se Sunica en Unicus

Hoërskool Riebeeckrand wens twee leerders alle voorspoed toe met hul deelname aan die Nasionale Perdrykampioenskappe.

Sunica van Wyk, ‘n Graad 11-leerder, en Unicus van Wyk, ‘n Graad 8-leerder, albei van Hoërskool Riebeeckrand, is in die Gauteng A-perdryspan opgeneem.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder het dié twee leerders se harde werk en deursettingsvermoë vrugte afgewerp en is hul droom bewaarheid om Gauteng-kleure te verwerf.

Sunica en haar toekennings.

“Sunica en Unicus kompeteer vanjaar in die skole-afdeling asook in die ope-afdeling. Hulle is tans op Vlak 5 van die hoërskole-afdeling. Hulle streef daarna om in die nabye toekoms op Vlak 7 te kompeteer en hul Springbokkleure te verwerf.

“Dié twee leerders neem eersdaags aan die Nasionale Kampioenskappe in Parys deel waar Unicus op Vlak 4 gaan kompeteer – die hoogste vlak in die kompetisie. Sunica gaan op Vlak 3 deelneem.”

Unicus en sy toekennings.

Sy het vertel dat albei ruiters reeds hard aan die oefen is.

Die Riebeeckrand-familie wens hulle voorspoed toe met hul deelname aan die Nasionale Kampioenskappe.”

 

 

 

Related Articles

Back to top button