SA-afrigters bied atletiekkursus aan

Ses skole van Roodepoort, Randfontein en Westonaria woon atletiekafrigterskursus by Jannas by.

Talle skole aan die Wes-Rand het ‘n atletiekafrigterskursus by Hoërskool Jan Viljoen op 16 en 17 Augustus bygewoon.

Volgens Tammy Smith, Jannas-skoolwoordvoerder het bekende Suid-Afrikaanse afrigters, naamlik Juan Strydom (naellope en hekkies), Ilse Wicksell (middelafstande), Hugo Badenhorst (spronge) en Marna van der Merwe (worpe) die kursus aangebied.

Tammy het gesê die atletiekafrigterskursus sal ‘n jaarlikse instelling word. Foto ingestuur.

Die skole wat betrokke was, is Jannas, Hoërskool Westonaria, Hoërskool Florida, Hoërskool Roodepoort, Randfontein High School (RHS) en Maragon Private Schools.

“Die terugvoer was dat almal wat by atletiek betrokke is, so ‘n kursus moet bywoon om hulself te bemagtig en om die atlete te help. Almal het dit baie leersaam en insiggewend gevind,” het Tammy gesê.

Tammy het gesê die atletiekafrigterskursus sal ‘n jaarlikse instelling word. Foto ingestuur.

Dit was die tweede jaar dat Jannas hierdie kursus aangebied het.

“Dit sal ‘n jaarlikse instelling word,” het Tammy bygevoeg.

Exit mobile version