Riebeeckrand hou hokkiekliniek vir laerskole

Hoërskool Riebeeckrand het laerskole gehelp om basiese vaardighede tydens 'n onlangse hokkiekliniek te bemeester.

Hoërskool Riebeeckrand het in Julie vir die tweede agtereenvolgende jaar ‘n hokkiekliniek vir laerskoolspanne aangebied.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, het hulle aanvanklik van 2015 tot 2017 ‘n hokkietoernooi vir ‘n groot aantal laerskoolspanne aangebied.

“Alhoewel dié toernooi ‘n reuse sukses was, het ons hokkieafrigters met die jare saam ‘n groter behoefte aan ‘n hokkiekliniek geïdentifiseer en dit so spoedig moontlik geïmplementeer.”

Vanjaar se hokkiekliniek is vir o.10 tot o.13 seuns- en dogtershokkiespanne aangebied.

Bernadine van der Merwe en Anneke Horn.

Riebeeckrand se hokkieafrigters, en die eersteseuns- en dogtershokkiespanne het die laerskole gehelp om basiese vaardighede te bemeester, asook geleer hoe om gevorderde tegnieke tydens wedstryde te implementeer.

Letsie Grobler, trotse Riebeeckrand-personeellid, het haar kennis en vaardighede as D12 o.12-hokkieafrigter met die leerders en afrigters gedeel.

Dié kliniek was ‘n reuse sukses. Riebeeckrand wens die laerskoolhokkiespanne sterkte toe met hul liga wat eersdaags begin.”

Exit mobile version