Riebeeckranders in SA Korfbalspan

Hoërskool Riebeeckrand spog vir die agtste keer met korfbalspelers wat in die Suid-Afrikaanse Korfbalspan opgeneem is.

Hoërskool Riebeeckrand spog met die uitstekende prestasie dat daar vir die agtste jaar van hul leerders en personeel in die Suid-Afrikaanse Korfbalspan opgeneem is.

Chanéy Lindner in aksie. Foto ingestuur.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, is Chanéy Lindner, ‘n trotse personeellid van Riebeeckrand, in die Senior Dames Suid-Afrikaanse korfbalspan opgeneem en Chiané Visagie, ‘n Graad 10-leerder, is in die SA o.17-korfbalspan.

“Dit is voorwaar ‘n puik prestasie! Hoërskool Riebeeckrand wens hulle sterkte toe met hul vertoonwedstryde wat op 9 tot 10 Augustus in Durban plaasvind,” het Elzeri bygevoeg.

 

Exit mobile version