Riebeeckrand se stoeikampioene

Henko Jacobs en Chanelle Groenewald van Hoërskool Riebeeckrand, het onlangs aan die 2019 Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskappe deelgeneem.

Hoërskool Riebeeckrand se skoolwoordvoerder, Elzeri Wright, het vertel dat twee van hul leerders, Henko Jacobs en Chanelle Groenewald, op 21 en 22 Junie aan die 2019 Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskappe in Middelburg deelgeneem het.

Albei stoeiers het uitstekend gevaar en die skool se naam hoog gehou.

“Chanelle het in die o.17-damesafdeling ‘n eerste plek behaal en spog breëbors met haar Suid-Afrikaanse kleure. Henko het in drie verskillende afdelings deelgeneem. In die Freestyle Kadette 71kg-afdeling het hy ‘n tweede plek behaal, in die Greco Kadette 80kg-afdeling ‘n vierde plek en in die Greco Juniors 72kg-afdeling ‘n vyfde plek,” het Elzeri gesê.

 

Exit mobile version