Dis Curriebeker-tyd!

Op Saterdag, 7 September 2019 sal een span weer die kans kry om bors uit te stoot en te sê, "Ons is die beste in die land".

Trek aan jou ondersteunerstrui, koop biltong en ‘n paar koues want die Curriebeker begin vandag!

Al is dit deesdae ‘n bietjie afgewater, bly dit die wêreld se oudste rugbykompetisie met ‘n geskiedenis wat so ver as 1889 strek.

Op Saterdag, 7 September 2019 sal een span weer die kans kry om bors uit te stoot en te sê, “Ons is die beste in die land”.

Vanjaar is daar weer twee ligas. Wedstryde in die Eerste Divisie van die kompetisie het reeds verlede naweek afgeskop. Agt spanne neem daaraan deel, naamlik die SWD Arende, Luiperds, Border Bulldogs, Valke, Jaguares XV, Boland Cavaliers en die EP Elephants. Die groter unies, soos die Haaie, Blou Bulle, Leeus, WP, Vrystaat, Griekwas en Pumas ding in die Premier-afdeling mee.

Vandag (Vrydag, 12 Julie) begin die eerste rondte van die Premier-afdeling en die Haaie en Griekwas gaan om 7.15nm in Durban koppe stamp. Op Saterdag, 13 Julie is daar twee kragmetings – die eerste in Johannesburg waar die Goue Leeus en Pumas mekaar om 3nm pak, gevolg deur die groot derby op Nuweland tussen die Westelike Provinsie en die Blou Bulle.

Verlede jaar het die Haaie die WP in die einstryd met 17–12 verras – nogal op Nuweland.

Besoek gerus supersport.com vir die volledige bepalings.

Exit mobile version