Goeie rugbyseisoen vir Rappies se welpies

Laerskool Rapportryer se o.6-welpierugbyspanne het die meeste van hul wedstryde vanjaar gewen.

Laerskool Rapportryer se o.6-welpierugby het ‘n uitstekende seisoen agter die rug. Delano Brits, Duran Crous en Tiaan Smit was die drie o.6-spanne se beste spelers.

Duran Crous in aksie. Foto ingestuur.

Volgens hoofafrigter, Johan van Dyk, het hul vanjaar drie o.6-spanne gehad en die Tigers, Jaquares en Cheetahs se spelers het almal uitstekende rugby gespeel.

Duran Crous in aksie. Foto: Ingestuur.

“Hulle het van Maart tot Mei teen ander skole in die streek gespeel en hulle het die meeste van hul wedstryde gewen,” het hy gesê.

Exit mobile version