Word deel van die Teine Boys

Randfontein Rugbyklub het onlangs hul eerste Teine Boys-ontbyt aangebied.

Vir die eerste keer in meer as 100 jaar verwag die munisipaliteit van die Randfontein Rugbyklub om huur, water en elektrisiteit te betaal.

Dit is ‘n groot terugslag en die klub het met die Teine Boys-ontbyt vorendag gekom om die klub en al sy geskiedenis en tradisies te red.

Henry Combrinck en Jannie van Loggerenberg tydens die Teine Boys-ontbyt. Foto: Jaco-Mari Futcher.

Hulle het op Vrydag, 28 Junie, die eerste Teine Boys-ontbyt by die rugbyklub gehou om lede van die gemeenskap en besighede van dié nuwe inisiatief te vertel.

“Ons nooi Randfontein uit om deel van die Teine Boys te word. Ons gaan elke laaste Vrydag van die maand om 10vm ‘n ontbyt hier saam met die gemeenskap aanbied,” het Johan Cronje, voorsitter van die rugbyklubkomitee gesê.

Janine van Loggerenberg Ferreira en Anneke Grenfell tydens die Teine Boys-ontbyt. Foto: Jaco-Mari Futcher.

Die bedrag wat betaal word vir die ontbyt gaan gebruik word om die klub se finansies aan te vul. Volgens hom gaan dit finansieel baie moeilik met die klub en hulle hoop dat die gemeenskap se betrokkenheid hulle sal help.

 

Exit mobile version