Vyf van Hoërskool W’aria nou Panthers

Vyf van Hoërskool Westonaria se rugbyspelers gaan vir die Panthers speel in vanjaar se VKB Reitz-week.

Vyf van Hoërskool Westonaria se rugbyspelers is in ‘n gekombineerde rugbyspan, die Panthers, opgeneem.

Die Panthers-rugbyspan bestaan uit spelers van Hoërskool Westonaria, Hoërskool Wonderfontein, Carleton Jones High School, Hoërskool Carletonville, Hoërskool Die Adelaar en Hoërskool Ferdinand Postma.

Volgens Derik Jonker, adjunkhoof, het die skool se rugby baie verbeter vanjaar en het die vyf spelers uitgeblink. Hy het gesê dat hul betrokkenheid by die gekombineerde span hulle die geleentheid gee om nog verder te vorder met hul rugby.

“Jason Volschenk, AJ Classsen, Khatu Senoamadi, Phillip Manyisa en Dale Greyling gaan van 21 tot 26 Julie vir die Panthers in die VKB Reitz-week vir plattelandse skole speel. Ons is baie trots daarop dat hulle in die span opgeneem is,” het hy gesê.

Die gekombineerde span gee dié spelers die kans om aan ‘n groot kompetisie deel te neem wat nog nooit vir die skool se span beskore was nie omdat rugby by die skool nie sterk genoeg is nie.

Exit mobile version