School sportSport

Jannas se juniors haal almal GLRU-eindstryd

Drie juniorrugbyspanne van Hoërskool Jan Viljoen het almal die eindstryd gehaal van die Goue Leeus Rugbyunie-liga (GLRU).

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se rugbyspanne het vanjaar nie net in die skoleliga presteer nie, maar ook in die Goue Leeus-liga.

“Die Spartans (o.14-rugbyspan) en die Vikings (o.16-rugbyspan) is direk deur na die Goue Leeus-finaal toe en speel ook in die Virseker Beker. Die Bulldogs (o.15-rugbyspan) moes in die semifinale rondte teen Hoërskool Leeuwenhof speel om deur te dring na die finaal,” het Tammy Smith, skoolwoordvoerder, gesê.

Volgens Tammy is Jannas die enigste skool in Randfontein met drie spanne in die finaal.

“Ons is bitter trots op die drie spanne in die ligafinaal.”

Sy het bygevoeg dat die drie spanne konstant onder SA School Sports se top 100 is.

“Op 6 Junie was die Spartans 40ste, die Bulldogs 49ste en die Vikings 46ste. Op 12 Junie het die Spartans en die Bulldogs hul posisie gehou en die Vikings was 48ste op die lys,” het sy bygevoeg.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button