WEN KAARTJIES: Randfontein Oval Renbaan hou nog ‘n kompetisie

KOMPETISIE: Randfontein Oval Renbaan gee kaartjies weg vir ‘n byeenkoms op 22 Junie. Waarvoor wag jy? Meer hier …

Die organiseerders van die Randfontein Oval Renbaan-byeenkomste beoog om deur middel van kompetisies 10 kaartjies vir elke byeenkoms weg te gee.

Marilize Coetzee, een van die promotors van die Randfontein Oval Renbaan het gesê dat sy probeer om dié byeenkomste vir die hele gesin pret te maak.

“Randfonteiners kla altyd dat hier niks is om op ‘n Saterdag te doen nie, maar daar is altyd groot pret by die Oval Renbaan. Ons beplan groot boeresportdae, en Mnr en Mej Oval-kompetisies om almal te betrek,” het sy gesê.

Hulle gaan voor elke byeenkoms ‘n kompetisie hou en vyf gelukkige lesers wat die betrokke vraag reg kan beantwoord, kan elk twee kaartjies wen.

Die volgende groot byeenkoms vind op 22 Junie plaas.

Die vraag is: Wat is die naam van die byeenkoms wat op 22 Junie by die Randfontein Oval Renbaan gaan plaasvind?

Neem so deel:

1. Stuur ‘n epos met jou naam, van, kontakbesonderhede en die antwoord na randfonteinherald@caxton.co.za.

2. Die wenners sal Donderdag, 20 Junie aangekondig word en kaartjies kan die volgende dag, 21 Junie, by die Herald se kantoor afgehaal word.

3. Neem asseblief kennis dat elke leser slegs een keer mag inskryf en dat die eerste lesers wat die vraag reg beantwoord, die kaartjies sal wen.

Skud op en stuur vir ons jou antwoorde. Dalk is jy een van die gelukkige wenners.

Exit mobile version