Riebeeckrand is ligawenners!

Drie van Hoërskool Riebeeckrand se onoorwonne netbalspanne is as ligawenners aangekondig.

Vanjaar het Hoërskool Riebeeckrand weer ‘n uitstekende netbalseisoen agter die rug.

“Drie van ons netbalspanne, die o.14’s, o.16’s en eerstes, het al hul wedstryde en gevolglik die liga gewen. Die o.15’s en o.17’s het met trots derde in hul liga geëindig,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, gesê.

Al vyf dié netbalspanne het deurgedring na Interdistrik-uitspele waarna die o.17’s verder deurgedring het na die uitspele van die Johannesburg- en Mogale-liga (beter bekend as die Jomo-liga).

“Riebeeckrand is baie trots op al ons netbalspanne en -afrigters. Dit is wonderlik om te sien hoe toegewyd en passievol die spelers en afrigters is. Hulle pluk voorwaar die vrugte van hul harde werk. Welgedaan!

Exit mobile version