Riebeeckrand se twee Goue Leeus
Twee leerders van Hoƫrskool Riebeeckrand is in die o.18 Goue Leeus Akademie XV-span opgeneem.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2019/06/DSCN1614_01550.jpg)
Hoƫrskool Riebeeckrand is baie trots op twee spelers van hul eersterugbyspan wat tot die o.18 Goue Leeus Akademie XV-span verkies is.
Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder is die twee spelers Luke Myburgh en Tiaan Barnard.
āDit is voorwaar ān besondere prestasie om deel van diĆ© span te wees, aangesien honderde seuns aan die proewe deelneem,ā het sy gesĆŖ.
Daar was drie rondtes proewe asook twee opwarmingswedstryde ā teen onderskeidelik die Valke en die Blou Bulle ā waartydens die spelers hul beste spel moes uithaal om die span te haal.
Luke is die trotse haker van die o.18 Goue Leeus Akademie XV-span en Tiaan die uitmuntende flank.
“Riebeeckrand wens die twee seuns sterkte toe met hul deelname aan die Akademie Week wat gedurende die skoolvakansie in Bloemfontein plaasvind,ā het Elzeri bygevoeg.