Hoërskool Riebeeckrand is trots op hulle hokkiespelers wat ‘n puik seisoen beleef het.
“Riebeeckrand neem al jare aan die mediumskole-hokkieliga deel en vaar uitstekend teen hul mededingers,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.
Vanjaar het al vier hul A-dogterspanne onder die top drie van dié liga geëindig.
Volgens Elzeri vaar Riebeeckrand se seunshokkie ook uitstekend. Die hokkieseuns se ligawedstryde hervat na die Junie-skoolvakansie.
“Die Riebeeckrand-familie wens ons seunshokkie-eerstespan sterkte toe met hul vier oorblywende ligawedstryde wat eersdaags plaasvind,” het sy bygevoeg.