Randfonteiners skitter by Arnold Classic Africa

Twee lede van Klub Inyathi, a plaaslike boogskietklub, het uitstekend gevaar tydens die onlangse Arnold Classic Africa.

Klub Inyathi het die voorreg gehad dat vier van hul boogskuts genooi is om aan die Arnold Classic Africa-kompetisie deel te neem.

“Deanay Esterhuizen, ‘n Graad 7-leerder van Laerskool Randfontein (Ram) en drie oud-Rammies – Jayden Esterhuizen, Kristen Becker en Fanie Becker – is op grond van hul huidige posisie op die provinsiale ranglys deur SANAA (SA Nasionale Boogskietvereniging) na die kompetisie genooi. ‘n Totaal van 16 skuts het deelgeneem,” het Annie Nolan, Ram-skoolwoordvoerder gesê.

Deanay Esterhuizen het die tweede plek behaa tydens die Arnold Classic Africa. Foto: Ingestuur.

Die boogskuts het tydens die kompetisie op 17 Mei elk 60 pyle geskiet. Daar was slegs ‘n algehele dogter- en seunskategorie en hoër- en laerskoolleerders het almal met mekaar meegeding.

Die Arnold-sportfees bied elke jaar verskeie sportfeeste op ses kontinente aan, waaronder die Arnold Classic Africa, wat oor drie dae elke Mei in Johannesburg plaasvind. Arnold Classic Africa bied aan atlete die geleentheid om aan ‘n internasionale kompetisie deel te neem. Soos die wêreldwye feeste, sluit die Afrika-weergawe verskeie sportkodes in en bevorder dit deur middel van demonstrasies, kompetisies, rekordpogings en sportberoemdes.

Deanay Esterhuizen het die tweede plek behaal en Kristen Becker was die algehele dogterwenner tydens die Arnold Classic Africa. Foto: Ingestuur.

“Ram is uiters trots op hierdie leerders. Kristen Becker was die algehele dogterwenner en Deanay Esterhuizen het die tweede plek behaal. Dit is ‘n besonderse prestasie en daar word nog groot hoogtes van dié skuts verwag,” het Annie bygevoeg.

Exit mobile version