Hoërskool Westonaria klop ‘n Randburg-skool 67–0

Hoërskool Westonaria se eerste rugbyspan het onlangs met 'n telling van 67-0 teen Northriding Secondary School gewen.

Hoërskool Westonaria se rugbyspanne het op 11 Mei behoorlik stof in Northriding Secondary School se oë geskop.

Volgens Derik Jonker, adjunkhoof, het al die rugbyspanne ongelooflik goed gevaar.

“Al die spanne het gewen. Die o.15’s het met 36–0 geseëvier en die o.16’s was met 36–10 gemaklik aan die wenkant. Ons is veral baie trots op die eersterugbyspan se wegholsege van 67–0,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat die rugbyspanne gewys het dat hulle gereed is vir die res van die seisoen.

“Die hele dag was lekker. Die rugbyspelers is baie opgewonde oor die res van hulle wedstryde vir 2019.”

Exit mobile version