School sportSport

Graad-11 leerder het groot stoeiplanne

Henko Jacobs, 'n stoeier van Hoërskool Riebeeckrand het onlangs oudergewoonte stof in sy opponente se oë geskop.

‘n Trotse leerder van Hoërskool Riebeeckrand werk hard om sy stoeiloopbaandoelwitte te bereik.

“Henko Jacobs, ‘n Graad11-leerder van Riebeeckrand, is ‘n uitblinker in die stoeikryt. Vanjaar is dit die vierde jaar dat hy stoei en uitmuntende prestasies behaal,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Henko het in Maart in die ouderdomskategorie 15–20 jaar aan die Suid-Afrikaanse Presidente Kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem. Alhoewel hy die jongste deelnemer in dié kategorie was, het hy met trots ‘n derde plek behaal.

“Henko sien daarna uit om in die nabye toekoms sy Protea-kleure in stoei te verwerf, maar vir eers is hy hard aan die oefen om hierdie droom van hom ‘n werklikheid te maak,” het sy bygevoeg.

Related Articles

Back to top button