Local sportSport

Fietsryer se hoop-toer skop af

Frank Barnard, ‘n plaaslike fietsryer en skrywer van Pelgrimsreis van Hoop, gaan more, 21 April met sy fietstoer na Bloemfontein begin.

Frank Barnard, ‘n plaaslike fietsryer en skrywer van Pelgrimsreis van Hoop, gaan binnekort met sy fietstoer na Bloemfontein begin.

Hy gaan Sondag, 21 April, na die diens by Betesda Bediening wat om 9vm begin, na Vanderbijlpark vertrek.

Die fietstoer is deel van sy boekbekendstelling en hy hoop dat dié boek hoop vir die lesers sal bring.

Die eerste stop op sy toer is Hoërskool Driehoek, want hy glo hulle het sy boodskap van hoop nodig. Van daar af gaan hy by verskeie skole en organisasie op pad Bloemfontein toe stop om ook vir hulle hoop te bring.

Hy het gevra dat die gemeenskap daar sal wees wanneer hy wegspring sodat hy sy boodskap van hoop ook met sy eie gemeenskap kan deel.

Skakel Frank by 066 104 2311 vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button