Ram bied boogskietbyeenkoms aan

Kinders van 36 skole in Gauteng het aan ‘n byeenkoms van die Nasionale Skole Boogskietprogram deelgeneem wat op Saterdag 9 Maart by Laerskool Randfontein (Ram) aangebied is.

Daar het 221 boogskuts van 36 skole in Gauteng aan ‘n byeenkoms van die Nasionale Skole Boogskietprogram (National Archery in the Schools Programme – Nasp) deelgeneem wat op Saterdag 9 Maart by Laerskool Randfontein (Ram) aangebied is.

Wilhelm Greeff, president en hoof uitvoerende beampte van die Nasionale Skole Boogskietprogram het vertel dat die program deelnemers in staat stel om goeie gemiddelde tellings te behaal om vir verskeie boogskutligas erken te word.

Yahyaa Chopdat het gewys hoe vaardig hy met die boog is.

Hy het bygevoeg dat die byeenkoms ook ‘n platform is waar borge jong talentvolles kan werf en ontwikkel om aan groot byeenkomste deel te neem. Kinders van Graad 4 tot 12 het tydens die byeenkoms by Ram almal op dieselfde vlak meegeding.

“Wanneer hulle aan die kompetisies deelneem sal die kinders uiteindelik as professionele boogskuts erken word en deur sekere borge gekies kan word as hulle aan bepaalde kriteria voldoen.

“Die name van al die boogskuts wat hier deelneem en punte aanteken word in ‘n nasionale databasis ingevoer. ‘n Ranglys word op grond van dié databasis opgestel, en uit dié ranglys word die onderskeie provinsiale spanne gekies. Die name van die lede van die provinsiale span word in ‘n nasionale databasis ingevoer waaruit ons nasionale span, die Proteas, gekies word,” het Wilhelm gesê.

Loutjie Jacobs is ‘n boogskut van Hoërskool Oosterlig in Boksburg.

Hy het bygevoeg dat dit vir die boogskuts belangrik is om aan soveel moontlik kompetisies deel te neem sodat hulle punte kan versamel om erkenning te kry.

“Hoe meer hulle deelneem, hoe groter kans het hulle om ‘n goeie gemiddeld deur die jaar op te bou. Dit sal hul vaardighede help verbeter

wanneer hulle met mekaar meeding,” het Wilhelm bygevoeg.

Exit mobile version