School sportSport

Hou dié Ramkatte in 2019 dop

Laerskool Randfontein het die 2019-rugbyseisoen op ‘n hoë noot afgeskop.

“Dit gaan ‘n groot jaar vir Ramkat-rugby wees.”

So het Annie Nolan, woordvoerder van Laerskool Randfontein gesê. Volgens Annie is die rugbyafrigters hard aan die werk met die jong rugbyspelers en word daar al lank gepraat oor strategieë, spelpatrone en taktiek.

“Die o.9-rugbyspan word vanjaar deur Rikus Kruger afgerig. Hy het ‘n groot voorliefde vir rugby en het besluit om die mannetjies van kleins af die regte fondasie vir puik rugby te gee,” het sy gesê.

Henk Nolan dryf vorentoe met die bal. Foto ingestuur.

Die seuns het in hul menigte vir die eerste oefening opgedaag. Daar is proewe gehou en die oefengroep is saamgestel. Toe begin die harde werk.

Die o.9’s het op Dinsdag, 19 Februarie, hul eerste volwaardige rugbywedstryd teen Laerskool Fochville gespeel. Dit was duidelik dat die mannetjies vir hul afrigter luister, want al die bewegings is puik uitgevoer. Die resultaat daarvan was ‘n 10–0 oorwinning.

Alexander Behr hardloop vir die Fochville-manne weg. Foto ingestuur.

“Die span wil in hul ander wedstryde daarop voortbou. Dis ‘n span om dop te hou want daar word nog groot rugby van hulle verwag. Die ander spanne van Laerskool Randfontein het net so uitstekend gevaar in die wedstryde.”

Tydens die wedstryde teen Laerskool Fochville het die o.9’s, o.10’s, o.11’s en tweedespan gewen. Dit het nog beter gegaan met die wedstryde teen Laerskool Glenharvie. Die o.9’s, o.11’s, tweede- en eerstespan het as wenners weggestap.

“Baie geluk aan al die spelers en afrigters,” het Annie gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button