Local sportSport

Rodrigues se grootste boksgeveg nog

Die 25-jarige Fernando Rodrigues van Randfontein se grootste boksgeveg nog is om die draai.

Die 25-jarige Fernando Rodrigues van Randfontein se grootste boksgeveg nog is om die draai.

Tydens die Feast in the East-boksskouspel op Sondag, 10 Maart in die Kwa Thema Gemeenskapsaal in Springs sal Fernando teen Walter Dlamini te staan kom in ‘n geveg om die Suid-Afrikaanse middelgewigtitel. Walter is tans diĂ© titelhouer.

As Fernando wen beteken dit dat hy nommer een in Suid-Afrika in die middelgewigafdeling sal wees.

Rodrigues sĂȘ sy liefde vir boks kom al van kleintyd af. Foto deur Christo Smith Photography ingestuur

“Ek sien baie daarna uit om vir die titel te boks. Dit sal baie vir my beteken om diĂ© titel te wen want ek werk regtig hard daarvoor en ek bestee baie tyd daaraan om elke dag in Linden by die Alan Toweel Boksgimnasium in Linden te gaan oefen. Alan is ook my promotor,” het hy gesĂȘ.

Hy oefen Maandae tot Vrydae twee keer ‘n dag en hy oefen ook gereeld teen professionele boksers soos sy broer, Frank Rodrigues.

Fernando het begin boks toe hy 12 jaar oud was. Hy het gesĂȘ dat hy baie van die sport hou omdat dit een-teen-een in die kryt is.

Fernando Rodrigues in aksie. Foto deur Christo Smith Photography ingestuur

“My liefde vir boks kom al van kleintyd af. Ek het een van Mike Tyson se gevegte op televisie gesien en ek het net dadelik daarin belang gestel en dit gevolg. Ek het van die ouderdom van 12 af aan amateurboksgevegte deelgeneem en ek het al drie keer goud en twee keer silwer gewen.”

Sy laaste amateurgeveg was in 2014 toe hy 96kg geweeg het. Hy het in 2015 professioneel begin boks en moes daarom gewig verloor tot hy sy huidige gewig van 72,58kg bereik het.

“My familie en vriende ondersteun my baie, veral my pa wat vir my die tyd afgee by die werk om te kan oefen. My verloofde, Roxanne Redelinghuys ondersteun my ook baie en sy help my om by my eetplan te hou deur vir my die regte kos te maak sodat ek al die nodige vitamine inkry en vet uitsny.”

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button