R’fontein-sportmanne en -vroue skrik nie vir hindernisbane nie

Geen uitdaging is te groot vir die lede van Randfontein se Run Walk For Life en die Zero2Summit Buiteklub nie.

Lede van Randfontein se Run Walk For Life en die Zero2Summit Buiteklub het hulself onlangs goed van hul taak gekwyt.

Die Zero2Summit Buiteklub is ‘n gemeenskapklub met ‘n komitee van 10 lede waarvan ‘n plaaslike veearts, dr Johan Naude die voorsitter is. Hulle kompeteer graag op hindernisbane.

“Die klub is gestig om gewone mense ook die geleentheid te bied om deel te neem aan die sport wat lyk asof dit net vir topatlete beskore is. Dit bied ‘n veilige omgewing waarin enigiemand hulself kan ontwikkel en bevorder – van ‘n couch potato tot sover as wat hulle hulself kan sien gaan. Vir dié wat ‘n bietjie skrikkerig is vir die hindernisbaan is daar gewone liggaamsgewigoefeninge en oor naweke ry ons graag rustig bergfiets hier in die dorp of pak ’n staproete aan,” het Vicky van Zyl, bestuurder van Run Walk For Life en die Zero2Summit Buiteklub gesê.

Hulle het onlangs bewys dat dit vir die klub nie net oor sport gaan nie toe hulle die vyfdaglange Fanie Botha Staproete aangepak het en sommer ook lekker saam gekamp en kuier het.

Op 26 en 27 Januarie het die Zero2Summit Buiteklub-lede Chris en Sonia van Niekerk asook Amanda Kruger en Thinus Olivier die Ottosdal Draf en Trap-tweekamp aangepak terwyl Bruce en Maritsa Minnie die Redhub Series#1-tweekamp by Cradle Moon aangedurf het.

“Run Walk For Life se lede het ook geskitter tydens hul mees onlangse uitdagings. Gerda Esterhuizen het die 21km-nagstap op Ottosdal aangedurf terwyl Marlètha Volschenk, wat al ‘n paar halfmaratons kafgedraf het, vir Yolande van Quickelberge oorreed het om haar eerste 21km aan te pak. Yolande het dit met groot sukses reggekry,” het Vicky bygevoeg.

Vicky het bygevoeg dat die twee klubs mense leer om hul horisonne te verbreed en soveel meer te vermag as waaroor hulle ooit tevore kon droom.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version