School sportSport

Atletiekseisoen skop af by Riebeeckrand

Hoërskool Riebeeckrand se interhuis wat vroeër die week plaasgevind het, was vol talent en gees.

Op Dinsdag, 15 Januarie het Hoërskool Riebeeckrand se atlete hul talente op die atletiekbaan ten toon gestel.

Die jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms was ‘n reuse sukses.

Spangees tydens Riebeeckrand se interhuis. Foto: Laikin Barnard

”Tydens dié geleentheid word die skool in drie spanne verdeel, naamlik die wit-, blou- en oranjespan. Die hele skool vang in hul onderskeie spanne gees op die paviljoen en moedig hul spanlede op die atletiekbaan aan. Mens kan nie anders nie as om hoendervleis te kry wanneer die leerders se toejuiging en sang oor die veld dreun nie,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Ouers en ander ondersteuners was daar om die leerders aan te moedig en die dag saam met die Riebeeckrand-familie te geniet.

Ettienne van Heerden tydens Riebeeckrand se interhuis. Foto: Laikin Barnard

“Dit is wonderlik om te sien hoe begeesterd Riebeeckrand se leerders is om aan die items deel te neem en daarna streef om hul beste te gee. Die twee leerders wat die bekers vir die beste individuele prestasies ontvang het, is Ethan van Wyk (o.14) en Nicola van der Merwe (o.16). Beide die leerders het uitsonderlik presteer in die hoogspringitem.”

Die Junior Victrix Ludorum is Liesl Pio en die Junior Victor Ludorum is Ethan van Wyk. Chiané Visagie is aangewys as die Senior Victrix Ludorum en Dino Kirsten as die Senior Victor Ludorum.

Byral Kock tydens Riebeeckrand se interhuis. Foto: Laikin Barnard

“Ons atlete is reeds hard aan die oefen en gereed om teen ander skole mee te ding,” het Elzeri bygevoeg

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button