Graad 1’s vereer by Rappies huissport

Die hele skool het aan die huissport deelgeneem, maar al die fokus was op die Graad 1’s wat vir die eerste keer die atletiekbaan aangedurf het.

Laerskool Rapportryer (Rappies) se Graad 1’s het nie dat die hitte hulle onderkry tydens hul eerste huissport-byeenkoms nie.

Die hele skool het aan die huissport deelgeneem, maar al die fokus was op die Graad 1’s wat vir die eerste keer die atletiekbaan aangedurf het. Almal het in spanverband deelgeneem.

Leah Vermeulen hardloop vir al wat sy werd is tot by die wenpaal. Foto: Jaco-Mari Futcher

Die Springbokke het die spankompetisie gewen en die Elande het die geesbeker gewen. “Om die geesbeker te kon wen het volharding tot die einde, beste gees, beste dissipline op die pawiljoen en oorspronklikste liedjies vereis. Die huissport was ‘n groot sukses. Die atlete het baie goed presteer ten spyte van die hitte. Daar het ongeveer 700 atlete deelgeneem. Vir die Graad 1’s was dit massadeelname en 210 kindertjies het gehardloop,” het Roleen Olivier, skoolwoordvoerder gesê.

Carla van der Walt en Dunay Greeff hardloop vir al wat hulle werd is tot by die wenpaal. Foto: Jaco-Mari Futcher

Johan Collins het hul eregaste, die Graad 1’s, op die atletiekbaan verwelkom met ‘n baie spesiale boodskap.

“Gewoonlik was ma en pa vir die Graad 1’s by die wenpaal. Sommige van die kleintjies kyk stip na hulle ouers en hardloop dan vir al wat hulle werd is tot by die wenpaal. Sommiges sal val en weer opstaan. In Hebreërs 12 vergelyk Paulus ons lewe op aarde met ‘n wedloop. Hy sê dat ons altyd ons oë op Jesus gevestig moet hou. Jesus het reeds sy wedloop gewen en die Here wag vir ons by die wenpaal,” het hy gesê.

Regard Tiedt hardloop vir al wat hy werd is tot by die wenpaal. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Eerste prys is om eendag saam met Jesus in die Hemel te wees.”

Die Senior Victor Ludorum van die dag was Regard Tiedt en die senior Victrix Ludorum was Marzaan Mellett. By die juniors is Jasin Breedt en Kaylin Rossouw as Victor Ludorum en Victrix Ludorum aangewys.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version