Local sportSport

Eerste wedren by Oval vir 2019 is hier!

Renjaers met hul V8's is reg om te laat waai tydens die eerste groot wedren by die Randfontein Oval Renbaan vir 2019.

Die Randfontein Oval Renbaan begin 2019 met ‘n opwindende eerste byeenkoms op Saterdag, 12 Januarie.

R’fonteiners kan uitsien na ‘n gesellige aand langs die renbaan waar verskeie jaagduiwels met hul motors gaan spog.

Marilize Coetzee, een van die promotors van die Randfontein Oval Renbaan het gesê toeskouers is welkom om hul koelbokse saam te bring en vleis te braai terwyl hulle al die aksie dophou.

Die hoofitem van dié byeenkoms is die V8 Sprints en toeskouers kan aan ‘n gelukstrekking deelneem. Die gelukkige wenner van die kompetisie sal ‘n rit om die renbaan as passasier kan geniet.

Die hekke maak om 2nm oop en die wedrenne begin om 6nm.

Vir meer inligting skakel 079 089 3617.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button