School sportSport

Riebeeckrand se sporthelde beloon

Daar is 99 trofeë tydens Hoërskool Riebeeckrand se sportprysuitdeling oorhandig.

Hoërskool Riebeeckrand het gedurende Oktober hul sportprysuitdeling gehou en die leerders soos sterre laat voel.

“Tydens hierdie glansaand het elke sportleerder van Hoërskool Riebeeckrand erkenning ontvang vir hul prestasies en deelname. Hulle kon huis toe gaan met die wete dat Riebeeckrand baie trots op hulle is,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Daar is 99 trofeë by die geleentheid oorhandig.

“Twee matrikulante het vanjaar elk ‘n baie spesiale toekenning ontvang. Danielle Malan is aangewys as die sportdogter van die jaar en Christoff Kleyn as die sportseun van die jaar. Albei leerders het hoë hoogtes gedurende die jaar bereik,” het sy gesê.

Vanjaar was dit die vierde agtereenvolgende jaar dat Danielle tot die Gauteng-netbalspan verkies is. Sy is ook aangewys as die beste GSS-speler van 2018 en was ‘n uitstekende kaptein vir Riebeeckrand se eerstenetbalspan. Christoff was ‘n lid vanr die Goue Leeus o.18-klubrugbyspan en ook ‘n uitmuntende kaptein vir Riebeeckrand se eersterugbyspan.

“Hoërskool Riebeeckrand is trots op elke leerder wat deur die jaar aan sportitems deelgeneem het, toekennings ontvang het en deurentyd hul beste gegee het,” het Elzeri bygevoeg.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button