School sportSport

Ramkatte blink uit in jukskei

Vanjaar se seisoen was opwindend vir die jukskeispelers, waartydens hulle onder andere met Laerskool Rapportryer meegeding het.

Jukskeispelers by Laerskool Randfontein (Ram) oefen en neem met groot entoesiasme aan die sport deel.

Annie Nolan, skoolwoordvoerder het vertel dat die jukskeispelers selfs hul eie kreet geskryf het en elke keer as ‘n pen omgegooi word, skree, “Ramkat! Hy kom, hy kom, hy gooi jou om!’.”

Vanjaar se seisoen was opwindend vir die jukskeispelers, waartydens hulle onder andere met Laerskool Rapportryer meegeding het.

“Daar is nege jukskeispanne, en al die spanne het baie goed gevaar tydens die liga. Die o.13A- en o.13B-seunspanne, sowel as die o.13B-dogterspan het besluit hulle gaan nie oor hulle laat loop nie, en het seker gemaak dat hulle wen,” het sy gesê.

Die o.13A-dogterspan het ook nie sleg gevaar nie en het tweede in die liga geëindig. Selfs die o.11A-dogterspan het ook baie goed gevaar en derde geëindig.

“Maar dis nie al nie… By die Direkteurstoernooi het albei die o.13A-spanne teen skole van reg oor die land deelgeneem. Die dogters het daar ‘n vierde plek behaal, en die seuns het ‘n derde plek behaal.”

Volgens Annie het Ram waarlik fantastiese spelers, en daar is baie van hulle wat die Wes-Randspanne gehaal het. Hulle is Heinrich Obermeyer, Zinelle Smit, Karmien van Coller, Henryko Ayres, Heinrich Steyn, Elandre Obermeyer, Michael Croukamp, Donovan van der Poel, Carla Kitchin, Caitlin Kitchin en Clarissa Nel.

“Baie geluk aan elkeen van ons spelers en afrigters. Ons is supertrots julle. Julle het julle uitstekend van jul taak gekwyt,” het Annie gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button