Rappies se eie krieketster

Juanrey Zaayman is net agt jaar oud, maar hy ryg die kriekettoekennings een vir een in.

Klein Juanrey Zaayman is net agt jaar oud, maar sy droom is om eendag vir die Proteas krieket te speel.

Hy is ‘n Graad 2-leerder by Laerskool Rapportryer (Rappies) en met ‘n groot passie vir krieket het hy op dié jong ouderdom al baie bereik.

Volgens Fritz Zaayman was Juanrey in Graad 1 toe en net ses jaar oud hy gekies is om vir die skool se o.9B-span te speel.

Juanrey Zaayman is ‘n Graad 2-leerder by Laerskool Rapportryer wat daaroor droom om eendag vir die Proteas te speel. Foto: Ingestuur

“Hy is opgeneem in die Rand-Wes o.8-krieketspan en by die Rand-Wes toernooi het hy die toekenning vir beste bouler gekry. In Graad 2 het hy vir die skool se o.9A-span gespeel en het ook sy beste telling van 70 lopies met die kolf gekry,” het hy trots gesê.

Hy was boonop die o.9 A-span se kaptein en is aangewys as die beste o.9-bouler van die skool.

“Juanrey is opgeneem in die Gauteng-Wes o.9-krieketspan waar hy op een dag van die toernooi die toekenning as beste bouler gekry het. Hy speel die afgelope twee jaar vir Randfontein Krieketklub waar hy die toekenning gekry het as Opkomende speler van die Jaar. Hy het ook vanjaar sy eerste ses geslaan,” het Fritz bygevoeg.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version