Local sportSport

Fietsry-legende kuier by Randmark

Johnny Koen wat eens op 'n tyd 'n SA-kampioen was, het Randmark Fietsryklub toegespreek.

Johnny Koen, ‘n fietsrylegende het op Donderdag, 19 Oktober, by die Randmark Fietsryklub gekuier.

Volgens Pieter Koen, tesourier van die klub was dit ‘n eer om hom by die klub te verwelkom.

Dewald Coetzee, Johanny Koen en JC Nel het almal ‘n passie vir fietsry. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Johnny is een van Suid-Afrika se beste fietsryers, daarom was dit wonderlike nuus toe Alwyn Steenkamp van ons klub gesê het dat Johnny ons gaan kom toespreek. Dié 61-jarige se ervaring strek oor baie dekades en hy was eens op ‘n tyd ‘n Suid-Afrikaanse kampioen,” het Pieter gesê.

“Wat interessant was, was toe hy vertel het hoe anders die sport vandag is in vergelyking met toe hy self jonk was. Hy was daar toe fietsry regtig vlam gevat het in Suid-Afrika en hy het baie staaltjies vir ons vertel.”

Die klub het meer geleer oor die sport as geheel asook padveiligheid, want dit is deesdae ‘n groot bekommernis vir fietsryers.

“Dit was regtig ‘n waardevolle toespraak en ons het elkeen iets geleer waarby ons klub se fietsryers kan baat,” het Pieter bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button