School sportSport

Rappies-judo: Wat ‘n 2018-seisoen!

Laerskool Rapportryer (Rappies) se judo-sterre beleef 'n uitstaande 2018-seisoen.

Laerskool Rapportryer (Rappies) se leerders wat aan die Golden Score Judoklub behoort het gedurende 2018 goed in verskeie kompetisies presteer.

Volgens skoolwoordvoerder Roleen Olivier het Rappies se judo-sterre in Julie aan die Suid-Afrikaanse Judo Ope in Port Elizabeth deelgeneem.

Armand Pretorius en Johan Collins, Rappies se judo-sterre. Foto ingestuur.

“Baie geluk aan al die leerders wat baie goed gevaar het tydens die ope. Ons is ook baie trots op Johan Collins, Armand Pretorius, Carien du Plessis en Dian Fullard wat gekies is om van 9 tot 12 Augustus in Mosambiek aan ‘n internasionale judo kompetisie deel te neem. Dis ‘n mooi prestasie vir Golden Score Judoklub,” het sy gesê.

Die volgende leerders het uitgeblink tydens die ope:

• Christo Collins was in die eerste plek

• Reece Henderson Man was in die eerste plek

• Johan Collins was in die eerste plek

• Carien du Plessis het goud in die spankompetisie gekry

• Meghan Pretorius was in die eerste plek en het goud in die spankompetisie gekry

• Abbigaile le Cluss was ook in die eerste plek en het goud in die spankompetisie gekry

• Armand Pretorius was in die tweede plek

• Melicia Venter het silwer in die spankompetisie gekry

Hulle het ook deelgeneem aan die Suid-Afirkaanse Skole Judokampioenskappe in September.

Die volgende leerders het daar puik presteer

• Abbigail le Cluss was in die eerste plek

• Carien du Plessis was in die tweede plek

• Karla Botes was in die tweede plek

• Meghan Pretorius was in die eerste plek

• Melicia Venter was in die eerste plek

• Mila Labuschage was in die eerste plek

• Armand Pretorius was in die tweede plek

• Christo Collins was in die eerste plek

• Johan Collins was in die eerste plek

• Keanan Venter was in die derde plek

• Reece-Henderson Mans was in die tweede plek

• Pieter Steenekamp en Stian Smit is beloon vir hul deelname

“Baie geluk aan die leerders, ons is trots op julle!” het Roleen gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button