School sportSport

Jannas se o.15-krieketspanne onoorwonne vanjaar

Hoërskool Jan Viljoen se o.15-krieketspelers het 'n uitstekende seisoen in twee formate van die spel beleef.

Die o.15’s van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het uitstekend gevaar in T20- en 50-boulbeurtkrieket.

Volgens die Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder, was hulle vanjaar onoorwonne.

Austin Nel is aangewys as beste kolwer vir die seisoen nadat hy 484 lopies gemoker het. Foto ingestuur

“Een van die hoogtepunte was toe die T20-span vir Ahmed Timol Secondary School (ATS) in die eindstryd met 40 lopies geklop het terwyl die 50-boulbeurtspan vir Hoërskool Bastion ook in ‘n eindstryd met 177 lopies verslaan het,” het sy gesê.

Austin Nel met 484 lopies is aangewys as die beste kolwer van die seisoen, terwyl die beste bouler Dylan van der Poel was nadat hy 23 paaltjies geneem het. Keagan Coetzee is as die beste veldwerker aangewys.

Dylan van der Poel wat 23 paaltjies geneem het, is as beste bouler aangewys. Foto ingestuur

Niekie Barkhuizen, die o.15’s se afrigter het gesê dit was ‘n besonderse seisoen en bedank elke speler vir sy bydrae tot die spanne se sukses.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button