Local sportSport

Eagles Stoeiklub lewer eerste SA-Kampioen

Chanellé Groenewald, Eagles Stoeiklub se eerste SA-Kampioen stoei nou eers vir 18 maande.

Drie lede van die Eagles Stoeiklub is gekies vir die Sentraal Gauteng-span.

Hulle het op 5 en 6 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Jeug Kampioenskappe in Wynberg in die Wes-Kaap deelgeneem.

“Nagenoeg 300 stoeiers van regoor Suid-Afrika het in verskillende ouderdoms- en gewigskategorieë deelgeneem. Daar is elke dag hard gestoei,” het Riaan Groenewald van die klub gesê.

Tydens die kampioenskappe het een van die klub se stoeiers, Chanellé Groenewald met ‘n gouemedalje weggestap, wat beteken dat sy nou ‘n SA-kampioen is.

Dit is die eerste SA-kampioen wat ons stoeiklub opgelewer het. Dit het beteken dat die klub se hoofafrigter, Gawie Erasmus ook ‘n gouemedalje ontvang het as ‘Coach of a Champion’.”

“Die Eagles Stoeiklub is baie trots op Chanellé en Gawie. Ons wil ‘n spesiale woord van dank uitspreek aan Gawie asook Danie Barnard wat baie ure ingesit het om te sorg dat die stoeiers topfiks en reg vir die kampioenskappe is. Sonder hulle sou ons stoeiers nie so goed gevaar het nie,” het Riaan gesê.

Aldré Groenewald, een van die stoeiers wat aan die kampioenskappe deelgeneem het stoei al vir vier jaar. Carl Barnard, nog ‘n stoeier, stoei al vir drie jaar en dit was sy tweede SA Jeugkampioenskappe.

“Chanellé stoei nou eers 18 maande lank en hierdie was haar eerste SA Jeugkampioenskappe. Al die stoeiers wat deelgeneem het, is 15 jaar oud,” het hy bygevoeg.

Eagles Stoeiklub afrrigter, Danie Barnard saam met Aldré Groenewald; Chanellé Groenewald; Carl Barnard en Gawie Erasmus, hoofafrigter. Foto ingestuur.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button