Ram se Duné mik hoog in landloop

Dié jong atleetjie neem sedert Graad 1 aan landloop deel en behaal buitengewone prestasies vir haar ouderdom.

Landloop vereis ‘n lang asem en besondere uithouvermoë maar Laerskool Randfontein (Ram) se Duné Parrot het gewys sy het wat nodig is om uit te blink in dié sport.

“Landloop vereis dat mens elke dag oefen – in die wind, reën, sonskyn en stof. Hier by Ram is daar verskeie leerders wat baie hard werk aan hul landloop, maar daar is een besonderse dogtertjie wat uitstaan, en sy is Duné in Graad 3,” het Annie Nolan, skoolwoordvoerder gesê.

Volgens Annie neem dié jong atleetjie sedert Graad 1 aan landloop deel en behaal buitengewone prestasies vir haar ouderdom.

“Vanjaar het Duné tydens die drie ligabyeenkomste elke keer ‘n podiumplek behaal. Sy het met die D2-byeenkoms ‘n derde plek behaal.”

Die Gauteng-kampioenskappe, waaraan Duné ook deelgeneem het, is een van die grootste byeenkomste met die sterkste atlete.

“Duné het stof in almal se oë geskop en ‘n sesde plek gekry, wat haar laat kwalifiseer het vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe. Ongelukkig is daar nie ‘n ouderdomsgroep vir haar by die kampioenskap nie. Net van o.10 tot o.19 mag deelneem,” het Annie gesê.

“Ons hier by Ram is seker dat sy volgende jaar nog beter gaan presteer. Sy is dan ook oud genoeg om aan die SA’s te kan deelneem. Ons is uiters trots op Duné. Mooi so!”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

Www free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version